- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									26
									 
									 
									|1 Corintios 14:26|
									Hoe staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle 'n psalm of 'n lering of 'n taal of 'n openbaring of 'n uitlegging--laat alles tot stigting geskied.									
									    
								 
- 
									
									27
									 
									 
									|1 Corintios 14:27|
									En as iemand in 'n taal spreek, laat dit dan wees twee of hoogstens drie, en by beurte; en laat een dit uitlê.									
									    
								 
- 
									
									28
									 
									 
									|1 Corintios 14:28|
									Maar as daar geen uitlêer is nie, laat hy in die gemeente swyg, en laat hy met homself en met God spreek.									
									    
								 
- 
									
									29
									 
									 
									|1 Corintios 14:29|
									Laat twee of drie profete spreek en die ander dit beoordeel.									
									    
								 
- 
									
									30
									 
									 
									|1 Corintios 14:30|
									Maar as daar iets geopenbaar is aan 'n ander wat daar sit, laat die eerste swyg.									
									    
								 
- 
									
									31
									 
									 
									|1 Corintios 14:31|
									Want julle kan almal een vir een profeteer, sodat almal kan leer en almal bemoedig word.									
									    
								 
- 
									
									32
									 
									 
									|1 Corintios 14:32|
									En die geeste van die profete is aan die profete onderworpe;									
									    
								 
- 
									
									33
									 
									 
									|1 Corintios 14:33|
									want God is nie 'n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die heiliges.									
									    
								 
- 
									
									34
									 
									 
									|1 Corintios 14:34|
									Julle vroue moet in die gemeentes swyg; want dit is hulle nie toegelaat om te spreek nie, maar om onderdanig te wees, soos die wet ook sê.									
									    
								 
- 
									
									35
									 
									 
									|1 Corintios 14:35|
									Maar as hulle iets wil leer, laat hulle tuis hul eie mans vra, want dit is lelik vir vroue om in die gemeente te spreek.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18