- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|1 Crónicas 15:1|
									En hy het vir hom huise gebou in die stad van Dawid, en 'n plek reggemaak vir die ark van God en daarvoor 'n tent opgeslaan.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|1 Crónicas 15:2|
									Toe sê Dawid: Niemand mag die ark van God dra nie, behalwe die Leviete; want die HERE het hulle uitverkies om die ark van God te dra en om Hom tot in ewigheid te dien.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|1 Crónicas 15:3|
									En Dawid het die hele Israel in Jerusalem versamel om die ark van die HERE te bring na sy plek wat hy daarvoor reggemaak het.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|1 Crónicas 15:4|
									En Dawid het die seuns van Aäron en die Leviete versamel:									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|1 Crónicas 15:5|
									van die seuns van Kehat: Uriël, die owerste, en sy broers, honderd en twintig;									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|1 Crónicas 15:6|
									van die seuns van Merári: Asája, die owerste, en sy broers, twee honderd en twintig;									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|1 Crónicas 15:7|
									van die seuns van Gersom: Joël, die owerste, en sy broers, honderd en dertig;									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|1 Crónicas 15:8|
									van die seuns van Elisáfan: Semája, die owerste, en sy broers, twee honderd;									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|1 Crónicas 15:9|
									van die seuns van Hebron: Éliël, die owerste, en sy broers, tagtig;									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|1 Crónicas 15:10|
									van die seuns van Ussiël: Amminádab, die owerste, en sy broers, honderd en twaalf.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18