- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|1 Crónicas 4:1|
									Die seuns van Juda was: Peres, Hesron en Karmi en Hur en Sobal.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|1 Crónicas 4:2|
									En Reája, die seun van Sobal, was die vader van Jahat, en Jahat van Ahúmai en van Lahad; dit is die geslagte van die Soreatiete;									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|1 Crónicas 4:3|
									en dit is die seuns van Etam: Jísreël en Jísma en Jidbas; en die naam van hulle suster was Hasselelpóni.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|1 Crónicas 4:4|
									En Pnuel was die vader van Gedor, en Eser die vader van Husa. Dit is die seuns van Hur, die eersgeborene van Éfrata, die vader van Betlehem.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|1 Crónicas 4:5|
									En Asgur, die vader van Tekóa, het twee vroue gehad: Hélea en Náära;									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|1 Crónicas 4:6|
									en Náära het vir hom Ahússam en Hefer en die Temeniete en die Ahastariete gebaar. Dit was die seuns van Náära.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|1 Crónicas 4:7|
									En die seuns van Hélea was: Seret, Jesóhar en Etnan.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|1 Crónicas 4:8|
									En Kos was die vader van Anub en Hassobéba en van die geslagte van Ahárhel, die seun van Harum.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|1 Crónicas 4:9|
									En Jabes was meer geëerd as sy broers; en sy moeder het hom Jabes genoem en gesê: Ek het met smart gebaar.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|1 Crónicas 4:10|
									En Jabes het die God van Israel aangeroep en gesê: As U my ryklik seën en my grondgebied vermeerder en u hand met my sal wees en U die onheil afweer, sodat my geen smart tref nie! En God het laat kom wat hy begeer het.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15