- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|1 Crónicas 16:1|
									Nadat hulle die ark ingebring en dit neergesit het binne-in die tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het, het hulle brandoffers en dankoffers gebring voor die aangesig van God.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|1 Crónicas 16:2|
									Toe Dawid gereed was met die brandoffer en die dankoffers, het hy die volk in die Naam van die HERE geseën.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|1 Crónicas 16:3|
									En hy het aan elkeen van Israel, manne sowel as vroue, aan elkeen 'n broodjie en 'n stuk vleis en 'n rosynekoek uitgedeel.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|1 Crónicas 16:4|
									En hy het uit die Leviete dienaars aangestel voor die ark van die HERE, en dit om die HERE, die God van Israel, te roem en te loof en te prys:									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|1 Crónicas 16:5|
									Asaf, die hoof, en Sagaría, die tweede in rang ná hom; Jeï-el en Semíramot en Jehíël en Mattítja en Elíab en Benája en Obed-Edom en Jeï-el met harp-- en siterinstrumente, terwyl Asaf met die simbale musiek gemaak het,									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|1 Crónicas 16:6|
									en Benája en Jahásiël, die priesters, gedurigdeur met trompette voor die verbondsark van God.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|1 Crónicas 16:7|
									Op dieselfde dag, toe vir die eerste maal, het Dawid aan Asaf en sy broers opgedra om loof die HERE te sing.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|1 Crónicas 16:8|
									Loof die HERE, roep sy Naam aan, maak onder die volke sy dade bekend!									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|1 Crónicas 16:9|
									Sing, psalmsing tot sy eer, spreek van al sy wonders.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|1 Crónicas 16:10|
									Beroem julle in sy heilige Naam; laat die hart van die wat die HERE soek, bly wees.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18