- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|1 Crónicas 21:1|
									Toe het Satan teen Israel opgetree en Dawid aangehits om Israel te tel.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|1 Crónicas 21:2|
									En Dawid het aan Joab en die owerstes van die volk gesê: Gaan tel Israelvan Berséba tot Dan, en bring vir my berig, dat ek hulle getal kan weet.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|1 Crónicas 21:3|
									En Joab sê: Mag die HERE by sy volk honderd maal meer byvoeg as wat hulle is; hulle is tog almal, my heer koning, my heer se dienaars. Waarom verlang my heer dit? Waarom moet Israel skuldig word?									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|1 Crónicas 21:4|
									Maar die woord van die koning het die oorhand gehad oor Joab, en Joab het uitgetrek en die hele Israel deurgetrek en in Jerusalem aangekom.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|1 Crónicas 21:5|
									En Joab het die getal van die volkstelling aan Dawid gegee; en die hele Israel was elf honderd duisend man wat die swaard uittrek, en Juda vier honderd en sewentig duisend man wat die swaard uittrek.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|1 Crónicas 21:6|
									Maar Levi en Benjamin het hy nie onder hulle getel nie, want die woord van die koning was vir Joab 'n gruwel.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|1 Crónicas 21:7|
									En hierdie saak was verkeerd in die oë van God; daarom het Hy Israel swaar getref.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|1 Crónicas 21:8|
									Toe sê Dawid tot God: Ek het swaar gesondig, dat ek hierdie ding gedoen het; maar vergeef tog nou die skuld van u kneg, want ek het my baie besondig.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|1 Crónicas 21:9|
									En die HERE het met Gad, die siener van Dawid, gespreek en gesê:									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|1 Crónicas 21:10|
									Gaan heen en spreek met Dawid en sê: So spreek die HERE: Drie dinge lê Ek jou voor; kies vir jou een daaruit, dat Ek dit aan jou kan doen.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18