-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
11
|1 Crónicas 26:11|
Hilkía was die tweede, Tebálja die derde, Sagaría die vierde; al die seuns en broers van Hosa was dertien.
-
12
|1 Crónicas 26:12|
Hierdie afdelings van die poortwagters, die gesinshoofde, het die wag gehad net soos hulle broers, om te dien in die huis van die HERE.
-
13
|1 Crónicas 26:13|
En hulle het die lot gewerp, klein en groot, volgens hulle families vir elke poort.
-
14
|1 Crónicas 26:14|
En die lot vir die ooste het op Selémja geval; ook vir sy seun Sagaría, wat 'n verstandige raadgewer was, het hulle die lot gewerp; en sy lot het uitgekom vir die noorde;
-
15
|1 Crónicas 26:15|
op Obed-Edom vir die suide; en op sy seuns vir die huis van die voorrade;
-
16
|1 Crónicas 26:16|
op Suppim en op Hosa vir die weste by die poort Salléget aan die grootpad wat opdraand loop, wag naas wag.
-
17
|1 Crónicas 26:17|
Vir die ooste was ses Leviete; vir die noorde daagliks vier; vir die suide daagliks vier; maar by die huis van die voorrade telkens twee.
-
18
|1 Crónicas 26:18|
By die aanbousel, vir die weste, was vier aan die grootpad, twee by die aanbousel.
-
19
|1 Crónicas 26:19|
Dit was die afdelings van die poortwagters van die seuns van die Koragiete en van die seuns van Merári.
-
20
|1 Crónicas 26:20|
En die Leviete, hulle broers, oor die skatte van die huis van God en oor die skatte van die heilige gawes was:
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 2 Corintios 5-7