- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|1 Crónicas 29:11|
									Aan U, HERE, kom toe die grootheid en die mag en die heerlikheid en die roem en die majesteit, ja, alles in hemel en op aarde; aan U, HERE, kom toe die koningskap en die selfverhoging as Hoof oor alles.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|1 Crónicas 29:12|
									En die rykdom en die eer kom van U, en U heers oor alles; en in u hand is krag en mag, en in u hand is dit om alles groot en sterk te maak.									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|1 Crónicas 29:13|
									En nou, onse God, ons loof U, en ons prys u heerlike Naam.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|1 Crónicas 29:14|
									Want wie is ek tog, en wat is my volk, dat ons in staat sou wees om sulke vrywillige gawes te skenk? Want dit kom alles van U, en uit u hand het ons dit aan U gegee.									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|1 Crónicas 29:15|
									Want ons is vreemdelinge en bywoners voor u aangesig soos al ons vaders; ons dae op die aarde is soos 'n skaduwee, en daar is geen verwagting nie.									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|1 Crónicas 29:16|
									HERE onse God, hierdie ganse rykdom wat ons berei het om vir U, vir u heilige Naam, 'n huis te bou--dit kom uit u hand en dit behoort alles aan U.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|1 Crónicas 29:17|
									En ek weet, my God, dat U die hart toets en behae het in opregtheid; ek het in die opregtheid van my hart al hierdie dinge vrywillig gegee; en nou het ek met blydskap gesien hoe u volk, hier aanwesig, vrywillig aan U gegee het.									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|1 Crónicas 29:18|
									HERE, God van Abraham, Isak en Israel, ons vaders, bewaar dit vir ewig, so 'n gesindheid in die gedagtes van die hart van u volk, en rig hulle hart tot U;									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|1 Crónicas 29:19|
									en gee aan my seun Salomo 'n volkome hart om u gebooie, u getuienisse en u insettinge te hou, en om alles te doen en om die paleis te bou wat ek voorberei het.									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|1 Crónicas 29:20|
									Daarna het Dawid aan die hele vergadering gesê: Loof nou die HERE julle God. Toe het die hele vergadering die HERE, die God van hulle vaders, geloof; en hulle het gebuig en voor die HERE en voor die koning neergeval.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18