-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
43
|1 Crónicas 16:43|
En toe die hele volk elkeen na sy huis gegaan het, het Dawid omgedraai om sy huisgesin te seën.
-
1
|1 Crónicas 17:1|
En toe Dawid in sy huis gewoon het, sê Dawid aan die profeet Natan: Kyk, ék woon in 'n huis van sederhout, maar die verbondsark van die HERE onder tentdoeke.
-
2
|1 Crónicas 17:2|
Toe sê Natan vir Dawid: Doen alles wat in u hart is, want God is met u.
-
3
|1 Crónicas 17:3|
Maar in dieselfde nag kom die woord van God tot Natan en sê:
-
4
|1 Crónicas 17:4|
Gaan sê vir Dawid, my kneg: So spreek die HERE: Jy mag nie vir My die huis bou om in te woon nie.
-
5
|1 Crónicas 17:5|
Ek het tog in geen huis gewoon van die dag af dat Ek Israel laat optrek het tot vandag toe nie, maar Ek het gekom van tent tot tent, en van tabernakel tot tabernakel.
-
6
|1 Crónicas 17:6|
Oral waar Ek rondgetrek het onder die hele Israel, het Ek ooit 'n woord gespreek met een van die Rigters van Israel wat Ek aangestel het om my volk op te pas, en gesê: Waarom bou julle nie vir My 'n huis van sederhout nie?
-
7
|1 Crónicas 17:7|
So moet jy dan nou aan my kneg Dawid sê: So spreek die HERE van die leërskare: Ek self het jou geneem uit die weiveld, agter die skape weg, om 'n vors te wees oor my volk Israel.
-
8
|1 Crónicas 17:8|
En Ek was met jou oral waar jy gegaan het, en het al jou vyande uitgeroei voor jou uit; en Ek sal vir jou 'n naam maak soos die naam van die grotes wat op die aarde is;
-
9
|1 Crónicas 17:9|
en Ek sal vir my volk Israel 'n plek bestel en hom plant, dat hy op sy eie plek kan woon en nie langer verontrus word nie. En kwaaddoeners sal hom nie meer mishandel soos vroeër nie,
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 14-16