- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|1 Samuel 20:11|
									En Jónatan sê vir Dawid: Kom, laat ons uitgaan die veld in. En hulle twee het die veld ingegaan.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|1 Samuel 20:12|
									Daarop sê Jónatan vir Dawid: Die HERE, die God van Israel,is getuie dat ek my vader môre of oormôre op hierdie tyd sal uitvra; en as dit gunstig is vir Dawid, sal ek dan nie na jou stuur en jou dit openbaar nie?									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|1 Samuel 20:13|
									Mag die HERE so aan Jónatan doen en so daaraan toedoen: as my vader goedvind om onheil oor jou te bring, dan sal ek jou dit openbaar en jou laat gaan, dat jy veilig kan wegkom; en mag die HERE met jou wees soos Hy met my vader gewees het.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|1 Samuel 20:14|
									En sal jy my nie, as ek dan nog lewe, die guns van die HERE bewys nie, sodat ek nie sterwe nie?									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|1 Samuel 20:15|
									Jy sal ook nimmer aan my huis jou guns onttrek nie; wanneer die HERE die vyande van Dawid, een vir een, van die aarde af uitroei nie.									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|1 Samuel 20:16|
									So het Jónatan dan 'n verbond gesluit met die huis van Dawid. En die HERE het dit geëis van die hand van Dawid se vyande.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|1 Samuel 20:17|
									En Jónatan het Dawid weer laat sweer by sy liefde vir hom; want hy het hom liefgehad met die liefde van sy siel.									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|1 Samuel 20:18|
									Verder het Jónatan vir hom gesê: Môre is dit nuwemaan, en jy sal gemis word, want jou sitplek sal leeg wees.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|1 Samuel 20:19|
									Maar oormôre moet jy sekerlik afkom en gaan na die plek waar jy jou op die werkdag weggesteek het, en jy moet langs die klip Esel gaan sit.									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|1 Samuel 20:20|
									Dan sal ek drie pyle aan die kant daarvan skiet asof ek na 'n teiken skiet.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15