- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|1 Samuel 9:11|
									Terwyl hulle die opdraand na die stad opgaan, kom hulle meisies teë wat uitgaan om water te put, en vra vir hulle: Is die siener hier?									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|1 Samuel 9:12|
									En dié antwoord hulle en sê: Daar is hy voor jou; maak nou gou, want vandag het hy in die stad gekom, omdat die volk vandag 'n offer op die hoogte het.									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|1 Samuel 9:13|
									As julle die stad ingaan, sal julle hom net aantref voordat hy opgaan na die hoogte om te eet; want die volk eet nie voordat hy kom nie, want hy seën die offer; daarna eet die genooides; gaan dan nou op, want julle sal hom nou juis aantref.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|1 Samuel 9:14|
									En hulle het opgegaan na die stad. Toe hulle op die punt was om binne-in die stad te gaan, kom Samuel meteens uit hulle tegemoet om op te gaan na die hoogte.									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|1 Samuel 9:15|
									Want die HERE het dit een dag voor die koms van Saul aan Samuel geopenbaar en gesê:									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|1 Samuel 9:16|
									Môre sulke tyd sal Ek 'n man uit die land Benjamin na jou stuur wat jy moet salf as 'n vors oor my volk Israel; en hy sal my volk verlos uit die hand van die Filistyne. Want Ek het my volk aangesien, omdat sy geroep na My gekom het.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|1 Samuel 9:17|
									Toe Samuel vir Saul sien, het die HERE hom geantwoord: Hier is die man van wie Ek jou gesê het: Hy sal oor my volk heers.									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|1 Samuel 9:18|
									En Saul het nader gekom na Samuel binne-in die poort en gevra: Wys my tog waar die huis van die siener is?									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|1 Samuel 9:19|
									Daarop het Samuel Saul geantwoord en gesê: Ek is die siener! Gaan voor my uit op na die hoogte, dan kan julle vandag saam met my eet; en ek sal jou môre vroeg laat gaan; en alles wat in jou hart is, sal ek jou te kenne gee.									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|1 Samuel 9:20|
									En wat die esels betref wat jy vandag al drie dae gelede vermis het--bekommer jou daar nie oor nie, want hulle is gevind. Maar aan wie behoort al wat begeerlik is in Israel? Is dit nie aan jou en jou hele familie nie?									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15