- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									21
									 
									 
									|1 Samuel 9:21|
									En Saul antwoord en sê: Is ek nie 'n Benjaminiet, uit een van die kleinste van die stamme van Israel, en my geslag die geringste uit al die geslagte van die stam van Benjamin nie? Waarom spreek u dan so met my?									
									    
								 
- 
									
									22
									 
									 
									|1 Samuel 9:22|
									Verder het Samuel Saul en sy dienaar geneem en hulle in die kamer gebring en hulle 'n plek gegee aan die hoof van die genooides, wat omtrent dertig man was.									
									    
								 
- 
									
									23
									 
									 
									|1 Samuel 9:23|
									En Samuel het aan die kok gesê: Gee die stuk wat ek aan jou gegee het, waarvan ek vir jou gesê het: Sit dit by jou weg.									
									    
								 
- 
									
									24
									 
									 
									|1 Samuel 9:24|
									Die kok dra toe die boud op met wat daaraan was, en sit dit voor Saul neer. En Samuel sê: Kyk, wat oorgebly het, is voor jou gesit; eet, want teen die bestemde tyd is dit vir jou bewaar toe ek gesê het: Ek nooi die volk. So het Saul dan dié dag saam met Samuel geëet.									
									    
								 
- 
									
									25
									 
									 
									|1 Samuel 9:25|
									Daarop het hulle van die hoogte afgegaan die stad in, en hy het met Saul gespreek op die dak.									
									    
								 
- 
									
									26
									 
									 
									|1 Samuel 9:26|
									En hulle het vroeg opgestaan. Toe die rooidag uitkom, het Samuel Saul op die dak geroep en gesê: Staan op, dat ek jou kan wegbring. En Saul het opgestaan, en hulle twee, hy en Samuel, het na buite gegaan.									
									    
								 
- 
									
									27
									 
									 
									|1 Samuel 9:27|
									Terwyl hulle by die einde van die stad afdaal, sê Samuel vir Saul: Beveel die dienaar dat hy voor ons uit verder gaan--en hy het verder gegaan--maar staan jy eers stil, dat ek jou die woord van God kan laat hoor.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15