-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
24
|1 Samuel 30:24|
En wie sou in hierdie saak na julle luister? Want soos die deel van die wat in die geveg aftrek, so is ook die deel van die wat by die pakgoed bly; gelykop moet hulle deel.
-
25
|1 Samuel 30:25|
So is dit dan van dié dag af en verder gewees; ja, hy het dit as 'n insetting en 'n verordening vir Israel vasgestel tot vandag toe.
-
26
|1 Samuel 30:26|
Toe Dawid dan in Siklag aankom, het hy van die buit aan die oudstes van Juda, sy stamgenote, gestuur en gesê: Hier is 'n geskenk vir julle uit die buit van die vyande van die HERE:
-
27
|1 Samuel 30:27|
aan dié in Bet-el en aan dié in Ramot in die Suidland en aan dié in Jattir
-
28
|1 Samuel 30:28|
en aan dié in Aroër en aan dié in Sifmot en aan dié in Estemóa
-
29
|1 Samuel 30:29|
en aan dié in Ragal en aan dié in die stede van die Jeragmeëliete en aan dié in die stede van die Keniete
-
30
|1 Samuel 30:30|
en aan dié in Horma en aan dié in Bor-Asan en aan dié in Atag
-
31
|1 Samuel 30:31|
en aan dié in Hebron en aan al die plekke waar Dawid, hy en sy manne, rondgetrek het.
-
1
|1 Samuel 31:1|
Terwyl die Filistyne teen Israel veg, het die manne van Israel vir die Filistyne weggevlug, en gesneuweldes het op die gebergte Gilbóa gelê.
-
2
|1 Samuel 31:2|
En die Filistyne het Saul en sy seuns agternagesit, en die Filistyne het Jónatan en Abinádab en Malkisúa, die seuns van Saul, gedood.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 5-7