-
-
Afrikaans (1953)
-
-
21
|2 Samuel 12:21|
Toe vra sy dienaars hom: Wat is dit vir 'n ding wat u gedoen het? Ter wille van die lewende kind het u gevas en geween, maar net toe die kind dood was, het u opgestaan en brood geëet.
-
22
|2 Samuel 12:22|
En hy sê: Toe die kind nog in die lewe was, het ek gevas en geween, want ek het gedink: Wie weet--die HERE kan my genadig wees, sodat die kind in die lewe bly.
-
23
|2 Samuel 12:23|
Maar nou is hy dood--waarom sou ek dan vas? Sal ek hom nog kan terugbring? Ek gaan na hom, maar hy sal na my nie terugkeer nie.
-
24
|2 Samuel 12:24|
Daarna het Dawid sy vrou Bátseba getroos en by haar ingegaan en by haar geslaap. En sy het 'n seun gebaar, en hy het hom Salomo genoem. En die HERE het hom liefgehad,
-
25
|2 Samuel 12:25|
en Hy het hom deur Natan, die profeet, Jedídja laat noem, ter wille van die HERE.
-
26
|2 Samuel 12:26|
En Joab het teen Rabba van die kinders van Ammon geveg en die koningstad ingeneem.
-
27
|2 Samuel 12:27|
Daarop stuur Joab boodskappers na Dawid om te sê: Ek het teen Rabba geveg, ook het ek die waterstad ingeneem.
-
28
|2 Samuel 12:28|
Maak u dan nou die orige manskappe bymekaar en beleër die stad en neem dit in, sodat ék nie die stad inneem en my naam daaroor uitgeroep word nie.
-
29
|2 Samuel 12:29|
Toe maak Dawid al die manskappe bymekaar, en hy het weggetrek na Rabba, daarteen geveg en dit ingeneem.
-
30
|2 Samuel 12:30|
En hy het die kroon van hulle koning van sy hoof afgeneem, waarvan die gewig 'n talent goud was, met 'n kosbare steen daarin, en dit het op die hoof van Dawid gekom; en 'n baie groot buit van die stad het hy uitgebring.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Pedro 1-5