-
-
Afrikaans (1953)
-
-
1
|2 Samuel 7:1|
En terwyl die koning in sy huis woon, nadat die HERE hom rus gegee het van al sy vyande rondom,
-
2
|2 Samuel 7:2|
sê die koning vir die profeet Natan: Kyk tog, ék woon in 'n huis van sederhout, maar die ark van God woon binnekant 'n tentdoek.
-
3
|2 Samuel 7:3|
Toe sê Natan aan die koning: Gaan heen, doen alles wat in u hart is, want die HERE is met u.
-
4
|2 Samuel 7:4|
Maar in dieselfde nag kom die woord van die HERE tot Natan en sê:
-
5
|2 Samuel 7:5|
Gaan sê aan my kneg, aan Dawid: So spreek die HERE: Sou jy vir My 'n huis bou om in te woon?
-
6
|2 Samuel 7:6|
Ek het tog in geen huis gewoon van die dag af dat Ek die kinders van Israel uit Egipte laat optrek het tot vandag toe nie; maar Ek het rondgetrek in 'n tentwoning.
-
7
|2 Samuel 7:7|
Oral waar Ek onder al die kinders van Israel rondgetrek het, het Ek ooit 'n woord gespreek met een van die stamme van Israel, wat Ek aangestel het om my volk Israel op te pas, en gesê: Waarom bou julle nie vir My 'n huis van sederhout nie?
-
8
|2 Samuel 7:8|
So moet jy dan nou aan my kneg, aan Dawid, sê: So spreek die HERE van die leërskare: Ek self het jou geneem uit die weiveld agter die skape weg, om 'n vors te wees oor my volk, oor Israel;
-
9
|2 Samuel 7:9|
en Ek was met jou oral waar jy gegaan het, en het al jou vyande voor jou uitgeroei; en Ek sal vir jou 'n groot naam maak soos die naam van die grotes wat op die aarde is;
-
10
|2 Samuel 7:10|
en Ek sal vir my volk Israel 'n plek bestel en hom plant, dat hy op sy eie plek kan woon en nie langer verontrus word nie. En kwaaddoeners sal hom nie meer verdruk soos vroeër nie,
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer Éxodo 5-8