-
-
Afrikaans (1953)
-
-
1
|2 Samuel 8:1|
En daarna het Dawid die Filistyne verslaan en hulle onderwerp; en Dawid het die gesag oor die moederstad uit die hand van die Filistyne geneem.
-
2
|2 Samuel 8:2|
Hy het die Moabiete ook verslaan en hulle gemeet met 'n lyn deur hulle op die grond te laat lê: en hy het twee mate gemeet om dood te maak en een volle maat om te laat lewe; en die Moabiete het Dawid se belastingpligtige knegte geword.
-
3
|2 Samuel 8:3|
Verder het Dawid Hadadéser, die seun van Rehob, die koning van Soba, verslaan, toe dié getrek het om sy mag aan die Eufraatrivier te herstel.
-
4
|2 Samuel 8:4|
En Dawid het van hom duisend sewe honderd perderuiters afgeneem en twintig duisend man voetgangers, en Dawid het al die trekperde se hakskeensenings afgesny, maar honderd trekperde daarvan laat oorbly.
-
5
|2 Samuel 8:5|
En die Arameërs van Damaskus het gekom om Hadadéser, die koning van Soba, te help; maar Dawid het onder die Arameërs twee en twintig duisend man verslaan.
-
6
|2 Samuel 8:6|
En Dawid het wagposte in Aram-Damaskus uitgesit, sodat die Arameërs Dawid se belastingpligtige knegte was; en die HERE het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.
-
7
|2 Samuel 8:7|
En Dawid het die goue skilde geneem wat die dienaars van Hadadéser gedra het, en dit na Jerusalem gebring.
-
8
|2 Samuel 8:8|
En uit Bétag en uit Berotái, stede van Hadadéser, het koning Dawid ontsaglik veel koper weggeneem.
-
9
|2 Samuel 8:9|
Toe Toï, die koning van Hamat, hoor dat Dawid die hele leërmag van Hadadéser verslaan het,
-
10
|2 Samuel 8:10|
stuur Toï sy seun Joram na koning Dawid om hom na die welstand te vra en hom geluk te wens, omdat hy teen Hadadéser geveg en hom verslaan het--want Hadadéser het gedurig oorlog gevoer met Toï--en in sy hand was silwer-- en goue en kopervoorwerpe.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Pedro 1-5