-
-
Afrikaans (1953)
-
-
32
|2 Samuel 19:32|
En Barsíllai was baie oud, 'n man van tagtig jaar, en hy het die koning onderhou gedurende sy verblyf in Mahanáim, want hy was 'n baie vermoënde man.
-
33
|2 Samuel 19:33|
Toe sê die koning vir Barsíllai: Trek jy saam met my oor, dan sal ek jou by my in Jerusalem onderhou.
-
34
|2 Samuel 19:34|
Maar Barsíllai het die koning geantwoord: Hoeveel sal die dae van my lewensjare dan wees, dat ek saam met die koning moet opgaan na Jerusalem?
-
35
|2 Samuel 19:35|
Ek is vandag tagtig jaar oud. Kan ek tussen goed en kwaad onderskei? of sal u dienaar kan proe wat ek eet en wat ek drink? of sal ek nog kan aanhoor die stem van die sangers en die sangeresse? Waarom sal u dienaar my heer die koning dan nog tot 'n las wees?
-
36
|2 Samuel 19:36|
U dienaar kan net 'n entjie saam met die koning trek oor die Jordaan. Waarom tog sou die koning hierdie vergelding aan my doen?
-
37
|2 Samuel 19:37|
Laat u dienaar tog maar omdraai, dat ek kan sterf in my stad by die graf van my vader en my moeder; maar hier is u dienaar Kimham. Laat hy saam met my heer die koning oortrek, en doen aan hom wat goed is in u oë.
-
38
|2 Samuel 19:38|
En die koning sê: Kimham kan saam met my oortrek, dan sal ek aan hom doen wat goed is in jou oë, en alles wat jy verkies om aan my op te dra, sal ek vir jou doen.
-
39
|2 Samuel 19:39|
Toe trek die hele volk die Jordaan oor. En nadat die koning ook oorgetrek het, soen die koning Barsíllai en groet hom; en hy het na sy woonplek teruggegaan.
-
40
|2 Samuel 19:40|
Daarop het die koning verder getrek na Gilgal, en Kimham het saam met hom getrek, en die hele volk van Juda en ook die helfte van die volk van Israel het die koning verder gebring.
-
41
|2 Samuel 19:41|
Meteens kom toe al die manne van Israel by die koning aan en sê aan die koning: Waarom het ons broers, die manne van Juda, u gesteel en die koning en sy huis en al die manne van Dawid saam met hom oor die Jordaan gebring?
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Pedro 1-5