- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Eclesiastés 7:1|
									'n Goeie naam is beter as goeie olie, en die sterfdag beter as die geboortedag.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Eclesiastés 7:2|
									Dit is beter om te gaan na 'n klaaghuis as om te gaan na 'n huis van maaltyd; want die eerste is die einde van al die mense, en die lewende kan dit ter harte neem.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Eclesiastés 7:3|
									Om verdrietig te wees, is beter as om te lag; want as die gesig droewig is, gaan dit goed met die hart.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Eclesiastés 7:4|
									Die hart van die wyse manne is in die klaaghuis, maar die hart van die dwase in die huis van vreugde.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Eclesiastés 7:5|
									Dit is beter om te luister na die bestraffing van 'n wyse as dat 'n mens luister na die lied van die dwase.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Eclesiastés 7:6|
									Want soos die geknetter van doringtakke onder 'n pot, so is die gelag van 'n dwaas. Dit is dan ook tevergeefs.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Eclesiastés 7:7|
									Sekerlik, afpersing maak 'n wyse dwaas, en 'n geskenk bederwe die hart.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Eclesiastés 7:8|
									Die einde van 'n saak is beter as sy begin; 'n lankmoedige is beter as 'n hoogmoedige.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Eclesiastés 7:9|
									Wees nie haastig in jou gees om jou te vererg nie, want ergernis rus in die boesem van die dwase.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Eclesiastés 7:10|
									Moenie sê nie: Hoe kom dit dat die vorige dae beter was as die teenswoordige? want nie uit wysheid vra jy hierna nie.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15