- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|Eclesiastés 7:11|
									Wysheid is net so goed as 'n erfdeel en 'n voordeel vir die wat die son sien.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Eclesiastés 7:12|
									Want wysheid is 'n beskutting, geld is 'n beskutting; maar die voordeel van kennis is: die wysheid hou die besitter daarvan in die lewe.									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Eclesiastés 7:13|
									Aanskou die werk van God, want wie kan reguit maak wat Hy krom gemaak het?									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Eclesiastés 7:14|
									Wees goedsmoeds op die dag van voorspoed, en op die dag van onheil, bedink dan: Ook hierdie dag het God gemaak net soos daardie, daarom dat die mens ná sy dood niks meer sal ontdek nie.									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Eclesiastés 7:15|
									Alles het ek gesien in die dae van my nietigheid: daar is 'n regverdige wat ondanks sy regverdigheid omkom, en daar is 'n goddelose wat ondanks sy goddeloosheid lank lewe.									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Eclesiastés 7:16|
									Wees nie alte regverdig en hou jou nie buitengewoon wys nie: waarom sou jy jouself te gronde rig?									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Eclesiastés 7:17|
									Wees nie alte goddeloos, en wees nie dwaas nie: waarom sou jy sterwe voor jou tyd?									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Eclesiastés 7:18|
									Dit is goed dat jy aan die een vashou en ook van die ander jou hand nie aftrek nie; want die wat God vrees, ontkom aan dit alles.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|Eclesiastés 7:19|
									Die wysheid versterk die wyse meer as tien maghebbers wat in die stad is;									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|Eclesiastés 7:20|
									want daar is geen regverdige mens op die aarde wat goed doen sonder om te sondig nie.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15