- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									21
									 
									 
									|Hebreos 11:21|
									Deur die geloof het Jakob op sy sterfbed altwee die seuns van Josef geseën; en hy het aanbid terwyl hy leun op die knop van sy staf.									
									    
								 
- 
									
									22
									 
									 
									|Hebreos 11:22|
									Deur die geloof het Josef aan die einde van sy lewe melding gemaak van die uittog van die kinders van Israel en bevel gegee aangaande sy gebeente.									
									    
								 
- 
									
									23
									 
									 
									|Hebreos 11:23|
									Deur die geloof is Moses ná sy geboorte deur sy ouers drie maande lank weggesteek, omdat hulle gesien het dat die seuntjie mooi was; en hulle het nie die gebod van die koning gevrees nie.									
									    
								 
- 
									
									24
									 
									 
									|Hebreos 11:24|
									Deur die geloof het Moses, toe hy grootgeword het, geweier om die seun van Farao se dogter genoem te word,									
									    
								 
- 
									
									25
									 
									 
									|Hebreos 11:25|
									omdat hy verkies het om liewer sleg behandel te word saam met die volk van God as om 'n tyd lank die genot van die sonde te hê,									
									    
								 
- 
									
									26
									 
									 
									|Hebreos 11:26|
									en die smaad van Christus groter rykdom geag het as die skatte van Egipte, want hy het uitgesien na die beloning.									
									    
								 
- 
									
									27
									 
									 
									|Hebreos 11:27|
									Deur die geloof het hy Egipte verlaat sonder om die toorn van die koning te vrees, want hy het volgehou soos een wat die Onsienlike sien.									
									    
								 
- 
									
									28
									 
									 
									|Hebreos 11:28|
									Deur die geloof het hy die pasga gehou en die besprenkeling van die bloed, sodat die verderwer hulle eersgeborenes nie sou aanraak nie.									
									    
								 
- 
									
									29
									 
									 
									|Hebreos 11:29|
									Deur die geloof het hulle die Rooi See deurgegaan soos oor droë grond, terwyl die Egiptenaars, toe hulle dit probeer, verdrink het.									
									    
								 
- 
									
									30
									 
									 
									|Hebreos 11:30|
									Deur die geloof het die mure van Jérigo geval nadat daar sewe dae lank omheen getrek was.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15