- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Hebreos 4:1|
									Laat ons dan vrees dat, terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog standhou, dit nie miskien sal blyk dat iemand van julle agtergebly het nie.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Hebreos 4:2|
									Want aan ons is die evangelie ook verkondig net soos aan hulle; maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Hebreos 4:3|
									Want ons wat geglo het, gaan die rus in, soos Hy gesê het: Daarom het Ek in my toorn gesweer, hulle sal in my rus nie ingaan nie--alhoewel sy werke van die grondlegging van die wêreld af volbring is.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Hebreos 4:4|
									Want Hy het êrens van die sewende dag so gespreek: En God het op die sewende dag van al sy werke gerus;									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Hebreos 4:5|
									en nou hier weer: Hulle sal in my rus nie ingaan nie.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Hebreos 4:6|
									Terwyl dit dan so is dat sommige daar ingaan, en diegene aan wie die evangelie eers verkondig is, deur ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie,									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Hebreos 4:7|
									bepaal Hy weer 'n sekere dag, naamlik vandag, as Hy soveel later deur Dawid spreek, soos gesê is: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Hebreos 4:8|
									Want as Josua aan hulle rus gegee het, sou Hy nie van 'n ander dag daarná spreek nie.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Hebreos 4:9|
									Daar bly dus 'n sabbatsrus oor vir die volk van God;									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Hebreos 4:10|
									want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18