- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|Hebreos 7:11|
									As daar dan volkomenheid deur die Levitiese priesterskap was--want met die oog daarop het die volk die wet ontvang--waarom was dit nog nodig dat 'n ander priester moes opstaan volgens die orde van Melgisédek en dat hy dit nie volgens die orde van Aäron genoem word nie?									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Hebreos 7:12|
									Want met verandering van die priesterskap kom daar noodsaaklik ook verandering van wet;									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Hebreos 7:13|
									omdat Hy met die oog op wie hierdie dinge gesê word, aan 'n ander stam behoort het waaruit niemand die altaar bedien het nie.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Hebreos 7:14|
									Want dit is volkome duidelik dat onse Here uit Juda voortgespruit het, en met betrekking tot hierdie stam het Moses niks gesê van die priesterskap nie.									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Hebreos 7:15|
									En nog baie duideliker is dit as daar 'n ander priester opstaan na die ewebeeld van Melgisédek,									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Hebreos 7:16|
									een wat dit geword het nie kragtens die wet van 'n vleeslike gebod nie, maar uit die krag van die onvernietigbare lewe.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Hebreos 7:17|
									Want Hy getuig: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Hebreos 7:18|
									Want aan die een kant is daar die opheffing van die voorafgaande gebod weens die swakheid en nutteloosheid daarvan,									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|Hebreos 7:19|
									omdat die wet niks volkome gemaak het nie; maar aan die ander kant is daar die invoering van 'n beter hoop waardeur ons tot God nader.									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|Hebreos 7:20|
									En vir sover dit nie sonder eedswering was nie--want húlle het sonder eedswering priesters geword,									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18