- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|Hebreos 10:11|
									En elke priester staan wel dag vir dag om die diens waar te neem en dikwels dieselfde slagoffers te bring wat tog nooit die sondes kan wegneem nie;									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Hebreos 10:12|
									maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Hebreos 10:13|
									en wag nou verder totdat sy vyande gemaak is 'n voetbank van sy voete.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Hebreos 10:14|
									Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word.									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Hebreos 10:15|
									En ook die Heilige Gees gee aan ons getuienis;									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Hebreos 10:16|
									want nadat Hy tevore gesê het: Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae, spreek die Here verder: Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe,									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Hebreos 10:17|
									en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie.									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Hebreos 10:18|
									Waar daar nou vergifnis van hierdie dinge is, is daar geen offer meer vir die sonde nie.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|Hebreos 10:19|
									Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|Hebreos 10:20|
									op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees,									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18