- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									3
									 
									 
									|Hebreos 13:3|
									Dink aan die gevangenes asof julle medegevangenes is, en aan die wat mishandel word, as mense wat self ook 'n liggaam het.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Hebreos 13:4|
									Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Hebreos 13:5|
									Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Hebreos 13:6|
									Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my 'n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal 'n mens aan my doen?									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Hebreos 13:7|
									Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Hebreos 13:8|
									Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Hebreos 13:9|
									Moenie rondgeslinger word deur allerhande en vreemde leringe nie; want dit is goed dat die hart versterk word deur genade, nie deur voedsel nie, waarvan die wat daarin gewandel het, geen voordeel gehad het nie.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Hebreos 13:10|
									Ons het 'n altaar waarvan die wat die tabernakel bedien, geen reg het om te eet nie;									
									    
								 
- 
									
									11
									 
									 
									|Hebreos 13:11|
									want die diere waarvan die bloed vir die sonde deur die hoëpriester in die heiligdom ingedra word--hulle liggame word buitekant die laer verbrand.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Hebreos 13:12|
									Daarom het Jesus ook, om die volk deur sy eie bloed te heilig, buitekant die poort gely.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18