- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Juan 10:1|
									Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van 'n ander kant af inklim, hy is 'n dief en 'n rower.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Juan 10:2|
									Maar hy wat by die deur ingaan, is 'n herder van die skape.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Juan 10:3|
									Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Juan 10:4|
									En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Juan 10:5|
									Hulle sal 'n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Juan 10:6|
									Hierdie gelykenis het Jesus aan hulle vertel; maar hulle het nie verstaan wat dit was wat Hy tot hulle gespreek het nie.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Juan 10:7|
									Jesus het toe weer vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, Ek is die deur van die skape.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Juan 10:8|
									Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Juan 10:9|
									Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Juan 10:10|
									Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18