- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Juan 2:1|
									En op die derde dag was daar 'n bruilof te Kana in Galiléa, en die moeder van Jesus was daar.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Juan 2:2|
									En Jesus en sy dissipels was ook na die bruilof genooi.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Juan 2:3|
									En toe daar wyn kortkom, sê die moeder van Jesus vir Hom: Hulle het geen wyn nie.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Juan 2:4|
									Jesus sê vir haar: Vrou, wat het Ek met u te doen? My uur het nog nie gekom nie.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Juan 2:5|
									Sy moeder sê vir die dienaars: Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Juan 2:6|
									En daar het volgens die reinigingsgebruike van die Jode ses klipkanne gestaan, wat elkeen twee of drie ankers hou.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Juan 2:7|
									Jesus sê vir hulle: Maak die kanne vol water. En hulle het hul tot bo toe volgemaak.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Juan 2:8|
									En Hy sê aan hulle: Skep nou uit en bring dit vir die hoofdienaar. En hulle het dit gebring.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Juan 2:9|
									En toe die hoofdienaar die water proe wat wyn geword het--en hy het nie geweet waarvandaan dit was nie, maar die dienaars wat die water geskep het, het geweet--roep die hoofdienaar die bruidegom									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Juan 2:10|
									en sê vir hom: Elke mens sit eers die goeie wyn op en, wanneer hulle goed gedrink het, dan die slegste; maar u het die goeie wyn tot nou toe bewaar.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18