- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									31
									 
									 
									|Juan 13:31|
									En toe hy buite was, sê Jesus: Nou is die Seun van die mens verheerlik, en God is in Hom verheerlik.									
									    
								 
- 
									
									32
									 
									 
									|Juan 13:32|
									As God in Hom verheerlik is, sal God Hom ook in Homself verheerlik en Hy sal Hom dadelik verheerlik.									
									    
								 
- 
									
									33
									 
									 
									|Juan 13:33|
									My kinders, nog 'n klein tydjie is Ek by julle. Julle sal My soek, en soos Ek vir die Jode gesê het: Waar Ek heengaan, kan julle nie kom nie--so sê Ek nou ook vir julle.									
									    
								 
- 
									
									34
									 
									 
									|Juan 13:34|
									'n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.									
									    
								 
- 
									
									35
									 
									 
									|Juan 13:35|
									Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.									
									    
								 
- 
									
									36
									 
									 
									|Juan 13:36|
									Simon Petrus sê vir Hom: Here, waar gaan U heen? Jesus antwoord hom: Waar Ek heengaan, kan jy My nou nie volg nie, maar later sal jy My volg.									
									    
								 
- 
									
									37
									 
									 
									|Juan 13:37|
									Petrus sê vir Hom: Here, waarom kan ek U nie nou volg nie? Ek sal my lewe vir U gee.									
									    
								 
- 
									
									38
									 
									 
									|Juan 13:38|
									Jesus antwoord hom: Sal jy jou lewe vir My gee? Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, die haan sal sekerlik nie kraai voordat jy My drie maal verloën het nie.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15