- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|Juan 19:11|
									Jesus antwoord: U sou geen mag teen My hê as dit u nie van bo gegee was nie. Daarom het hy wat My aan u oorlewer, groter sonde.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Juan 19:12|
									Hierop het Pilatus probeer om Hom los te laat, maar die Jode het geskreeu en gesê: As u Hom loslaat, is u nie die keiser se vriend nie. Elkeen wat homself koning maak, kom in verset teen die keiser.									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Juan 19:13|
									En toe Pilatus hierdie woord hoor, het hy Jesus buitentoe gebring en op die regterstoel gaan sit in die plek wat Plaveisel genoem word, en in Hebreeus Gábbata.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Juan 19:14|
									En dit was die voorbereiding vir die pasga en omtrent die sesde uur. Toe sê hy vir die Jode: Dáár is julle Koning!									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Juan 19:15|
									Maar hulle skreeu: Neem weg, neem weg, kruisig Hom! Pilatus sê vir hulle: Moet ek julle Koning kruisig? Die owerpriesters antwoord: Ons het geen koning behalwe die keiser nie.									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Juan 19:16|
									Toe het hy Hom dan aan hulle oorgegee om gekruisig te word. En hulle het Jesus geneem en Hom weggelei.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Juan 19:17|
									En Hy het sy kruis gedra en uitgegaan na die sogenaamde Hoofskedelplek, in Hebreeus Gólgota,									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Juan 19:18|
									waar hulle Hom gekruisig het en saam met Hom twee ander, een aan elke kant, en Jesus in die middel.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|Juan 19:19|
									En Pilatus het ook 'n opskrif geskrywe en dit op die kruis gesit; en daar was geskrywe: JESUS, DIE NASARÉNER, DIE KONING VAN DIE JODE.									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|Juan 19:20|
									Hierdie opskrif dan het baie van die Jode gelees, omdat die plek waar Jesus gekruisig is, naby die stad was; en dit was geskrywe in Hebreeus en Grieks en Latyn.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18