- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Juan 1:1|
									In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Juan 1:2|
									Hy was in die begin by God.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Juan 1:3|
									Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Juan 1:4|
									In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Juan 1:5|
									En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Juan 1:6|
									Daar was 'n man van God gestuur, wie se naam Johannes was.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Juan 1:7|
									Hy het tot 'n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Juan 1:8|
									Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Juan 1:9|
									Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Juan 1:10|
									Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18