- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									21
									 
									 
									|Juan 4:21|
									Jesus sê vir haar: Vrou, glo My, daar kom 'n uur wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die Vader sal aanbid nie.									
									    
								 
- 
									
									22
									 
									 
									|Juan 4:22|
									Julle aanbid wat julle nie weet nie; ons aanbid wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode.									
									    
								 
- 
									
									23
									 
									 
									|Juan 4:23|
									Maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.									
									    
								 
- 
									
									24
									 
									 
									|Juan 4:24|
									God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.									
									    
								 
- 
									
									25
									 
									 
									|Juan 4:25|
									Die vrou sê vir Hom: Ek weet dat die Messías kom, Hy wat Christus genoem word. Wanneer Hy kom, sal Hy ons alles verkondig.									
									    
								 
- 
									
									26
									 
									 
									|Juan 4:26|
									Jesus sê vir haar: Dit is Ek wat met jou spreek!									
									    
								 
- 
									
									27
									 
									 
									|Juan 4:27|
									En op dié oomblik het sy dissipels gekom en hulle verwonder dat Hy met 'n vrou in gesprek was. Tog het niemand gesê: Wat verlang U nie? of: Waarom spreek U met haar?									
									    
								 
- 
									
									28
									 
									 
									|Juan 4:28|
									Die vrou het toe haar waterkan laat staan en na die stad gegaan en vir die mense gesê:									
									    
								 
- 
									
									29
									 
									 
									|Juan 4:29|
									Kom kyk 'n man wat my alles vertel het wat ek gedoen het. Is Hy nie miskien die Christus nie?									
									    
								 
- 
									
									30
									 
									 
									|Juan 4:30|
									Hulle het toe uit die stad gegaan en na Hom gekom.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18