-
-
Afrikaans (1953)
-
-
42
|Marcos 14:42|
Staan op, laat ons gaan; kyk, hy is naby wat My verraai.
-
43
|Marcos 14:43|
En dadelik, terwyl Hy nog spreek, verskyn Judas wat een van die twaalf was, en saam met hom 'n groot menigte met swaarde en stokke, gestuur deur die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die ouderlinge.
-
44
|Marcos 14:44|
En sy verraaier het 'n teken met hulle afgespreek en gesê: Die een wat ek sal soen--dit is Hy; gryp Hom en neem Hom met sekerheid weg.
-
45
|Marcos 14:45|
En toe hy kom, gaan hy dadelik na Hom en sê: Rabbi, Rabbi! en soen Hom.
-
46
|Marcos 14:46|
Daarop slaan hulle hul hande aan Hom en gryp Hom.
-
47
|Marcos 14:47|
En een van die wat daar gestaan het, het sy swaard uitgetrek en die dienskneg van die hoëpriester geslaan en sy oor afgekap.
-
48
|Marcos 14:48|
En Jesus antwoord en sê vir hulle: Het julle soos teen 'n rower uitgetrek met swaarde en stokke om My gevange te neem?
-
49
|Marcos 14:49|
Dag vir dag was Ek by julle in die tempel besig om te leer, en julle het My nie gegryp nie. Maar die Skrifte moes vervul word.
-
50
|Marcos 14:50|
Toe het almal Hom verlaat en gevlug.
-
51
|Marcos 14:51|
En 'n sekere jongman met 'n linnedoek om sy naakte lyf het Hom gevolg; en die jongmanne het hom gegryp;
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 5-7