-
-
Afrikaans (1953)
-
-
21
|Nehemías 12:21|
van Hilkía, Hasábja; van Jedája, Netáneël.
-
22
|Nehemías 12:22|
Wat die Leviete betref--in die dae van Éljasib, Jójada en Jóhanan en Jaddúa is die familiehoofde opgeskrywe, en die priesters tot aan die regering van Daríus, die Pers.
-
23
|Nehemías 12:23|
Die kinders van Levi, die familiehoofde, is opgeskrywe in die boek van die kronieke tot die dae van Jóhanan, die seun van Éljasib.
-
24
|Nehemías 12:24|
En die hoofde van die Leviete was: Hasábja, Serébja en Jésua, Kádmiël, en hulle broers was teenoor hulle om te loof en te dank volgens die bevel van Dawid, die man van God, wag naas wag:
-
25
|Nehemías 12:25|
Mattánja en Bakbúkja, Obádja. Mesúllam, Talmon, Akkub was poortwagters wat wag gehou het by die voorraadkamers van die poorte.
-
26
|Nehemías 12:26|
Hulle was in die dae van Jójakim, die seun van Jésua, die seun van Jósadak, en in die dae van Nehemía, die goewerneur, en van die priester Esra, die skrifgeleerde.
-
27
|Nehemías 12:27|
En by die inwyding van die muur van Jerusalem is die Leviete uit al hulle woonplekke gesoek, om hulle na Jerusalem te bring ten einde die inwyding te hou met vreugde en dankliedere en met gesang, simbale, harpe en siters.
-
28
|Nehemías 12:28|
Toe het die seuns van die sangers byeengekom uit die streek rondom Jerusalem sowel as uit die dorpe van die Netofatiete,
-
29
|Nehemías 12:29|
en uit Bet-Gilgal en uit die buiteveld van Geba en Asmáwet, want die sangers het vir hulle dorpe rondom Jerusalem gebou.
-
30
|Nehemías 12:30|
En die priesters en die Leviete het hulleself gereinig, en die volk en die poorte en die muur gereinig.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer Éxodo 9-11