-
-
Afrikaans (1953)
-
-
31
|Nehemías 12:31|
En ek het die owerstes van Juda bo-op die muur laat klim en twee groot kore opgestel en optogte, een na regs bo-op die muur na die Aspoort toe;
-
32
|Nehemías 12:32|
en agter hulle aan het geloop: Hosája en die helfte van die owerstes van Juda,
-
33
|Nehemías 12:33|
en Asárja, Esra en Mesúllam,
-
34
|Nehemías 12:34|
Juda en Benjamin en Semája en Jeremía,
-
35
|Nehemías 12:35|
en van die seuns van die priesters met trompette, Sagaría, die seun van Jónatan, die seun van Semája, die seun van Mattánja, die seun van Migája, die seun van Sakkur, die seun van Asaf,
-
36
|Nehemías 12:36|
en sy broers Semája en Asáreël, Mílalai, Gílalai, Maäi, Netáneël en Juda, Hanáni, met die musiekinstrumente van Dawid, die man van God; en Esra, die skrifgeleerde, voor hulle uit.
-
37
|Nehemías 12:37|
En by die Fonteinpoort het hulle, reg voor hulle uit, met die trappe van die Dawidstad opgegaan, waar die muur opgaan bo die huis van Dawid, tot by die Waterpoort teen die ooste.
-
38
|Nehemías 12:38|
En die tweede koor het in teenoorgestelde rigting getrek, en ek met die helfte van die volk agteraan, bo-op die muur by die Bakoond-toring langs tot by die Breë Muur;
-
39
|Nehemías 12:39|
verder by die Efraimspoort langs en die Ou Poort en die Vispoort en die toring Hanáneël en die toring Hamméa tot by die Skaapspoort; en hulle het bly staan by die Gevangenispoort.
-
40
|Nehemías 12:40|
Toe het die twee kore in die huis van God gaan staan, en ek en die helfte van die leiers met my saam;
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer Éxodo 9-11