- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									24
									 
									 
									|Santiago 2:24|
									Sien julle dan nou dat die mens geregverdig word uit die werke en nie alleen uit die geloof nie?									
									    
								 
- 
									
									25
									 
									 
									|Santiago 2:25|
									En is Ragab, die hoer, nie ook net so geregverdig uit die werke toe sy die boodskappers ontvang en met 'n ander pad weggestuur het nie?									
									    
								 
- 
									
									26
									 
									 
									|Santiago 2:26|
									Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood.									
									    
								 
- 
									
									1
									 
									 
									|Santiago 3:1|
									Moenie baie leermeesters wees nie, my broeders, omdat julle weet dat ons 'n groter oordeel sal ondergaan.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Santiago 3:2|
									Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy 'n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Santiago 3:3|
									Kyk, ons sit stange in die perde se bekke, sodat hulle ons gehoorsaam kan wees, en ons stuur hulle hele liggaam daarmee.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Santiago 3:4|
									Kyk, ook die skepe, alhoewel hulle so groot is en deur hewige winde voortgedryf word, word gestuur deur 'n baie klein roer net waarheen die stuurman wil.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Santiago 3:5|
									Net so is die tong ook 'n klein lid en beroem hom op groot dinge--kyk hoe 'n groot hoop hout steek 'n klein vuurtjie aan die brand.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Santiago 3:6|
									Die tong is ook 'n vuur, die wêreld van ongeregtigheid. Net so 'n plek neem die tong onder ons lede in; dit besmet die hele liggaam en steek die hele lewensloop aan die brand en word uit die hel aangesteek.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Santiago 3:7|
									Want elke soort natuur van wilde diere en voëls en kruipende sowel as seediere word getem en is getem deur die menslike natuur.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15