- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									10
									 
									 
									|Santiago 4:10|
									Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.									
									    
								 
- 
									
									11
									 
									 
									|Santiago 4:11|
									Broeders, moenie van mekaar kwaad spreek nie. Dié wat kwaad spreek van sy broeder en sy broeder oordeel, spreek kwaad van die wet en oordeel die wet; en as jy die wet oordeel, is jy nie 'n dader van die wet nie, maar 'n regter.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Santiago 4:12|
									Een is die Wetgewer, Hy wat mag het om te red en te verderf. Maar jy, wie is jy wat 'n ander oordeel?									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Santiago 4:13|
									Kom nou, julle wat sê: Vandag of môre sal ons na dié en dié stad gaan en daar een jaar deurbring en handel drywe en wins maak--									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Santiago 4:14|
									julle wat nie eens weet wat môre sal gebeur nie. Want hoedanig is julle lewe? Dit is tog maar 'n damp wat vir 'n kort tydjie verskyn en daarna verdwyn.									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Santiago 4:15|
									In plaas dat julle sê: As die Here wil en ons lewe, dan sal ons dit of dat doen.									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Santiago 4:16|
									Maar nou roem julle in jul grootpratery. Al sulke roem is verkeerd.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Santiago 4:17|
									Wie dan weet om goed te doen en dit nie doen nie, vir hom is dit sonde.									
									    
								 
- 
									
									1
									 
									 
									|Santiago 5:1|
									Kom nou, julle rykes, ween en huil oor die ellendes wat oor julle kom.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Santiago 5:2|
									Julle rykdom is bedorwe, en julle klere is deur die motte verniel.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15