-
-
Afrikaans (1953) -
-
21
|Atos 22:21|
En Hy het vir my gesê: Gaan heen, want Ek sal jou ver wegstuur na die gewone heidene.
-
22
|Atos 22:22|
Tot by hierdie woord het hulle na hom geluister; toe verhef hulle hul stem en sê: Weg van die aarde met so 'n mens, want hy behoort nie te lewe nie!
-
23
|Atos 22:23|
En terwyl hulle so skreeu en hulle klere afgooi en stof in die lug werp,
-
24
|Atos 22:24|
het die owerste oor duisend bevel gegee dat hy in die kamp gebring moes word, en gesê dat hulle hom met géselslae moes ondersoek, sodat hy kon weet om watter rede hulle so teen hom uitroep.
-
25
|Atos 22:25|
En onderwyl hulle hom met die rieme uitrek, sê Paulus vir die hoofman oor honderd wat daar staan: Is dit u geoorloof om 'n Romeinse burger, en dit onveroordeeld, te gésel?
-
26
|Atos 22:26|
Toe die hoofman oor honderd dit hoor, gaan hy dit aan die owerste oor duisend vertel en sê: Pas op wat u gaan doen, want hierdie man is 'n Romein.
-
27
|Atos 22:27|
En die owerste oor duisend het gekom en hom gevra: Sê vir my of jy 'n Romein is? En hy antwoord: Ja.
-
28
|Atos 22:28|
Toe sê die owerste oor duisend: Ek het hierdie burgerreg vir 'n groot som verkry! En Paulus sê vir hom: Maar ek het dit deur geboorte.
-
29
|Atos 22:29|
Daarop het die wat hom sou ondersoek, hom dadelik laat staan; en die owerste oor duisend het ook gevrees, omdat hy nou wis dat hy 'n Romein was en hy hom geboei het.
-
30
|Atos 22:30|
En die volgende dag wou hy met sekerheid weet waarvan hy deur die Jode beskuldig was; en hy het hom van sy boeie losgemaak en bevel gegee dat die owerpriesters en hulle hele Raad moes vergader; en hy het Paulus afgebring en voor hulle laat staan.
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 21-21