-
-
Afrikaans (1953) -
-
16
|Atos 24:16|
Daarom oefen ek my ook om altyd voor God en die mense 'n rein gewete te hê.
-
17
|Atos 24:17|
Maar ná baie jare het ek gekom om aan my volk aalmoese te bring en offers.
-
18
|Atos 24:18|
En terwyl ek hiermee besig was, het sekere Jode uit Asië my in die tempel gevind nadat ek geheilig was, nie met 'n skare of met 'n opskudding nie.
-
19
|Atos 24:19|
Hulle behoort hier voor u te wees om beskuldiging in te bring as hulle iets teen my het.
-
20
|Atos 24:20|
Of laat hierdie manne self sê of hulle enige onreg in my gevind het toe ek voor die Raad gestaan het,
-
21
|Atos 24:21|
behalwe oor hierdie een woord wat ek uitgeroep het terwyl ek onder hulle gestaan het, naamlik: Oor die opstanding van die dode staan ek vandag by u voor die gereg!
-
22
|Atos 24:22|
Toe Felix dit hoor, het hy hulle saak uitgestel, alhoewel hy noukeurig genoeg met die dinge van die Weg bekend was; en hy het gesê: Wanneer LÃsias, die owerste oor duisend, afkom, sal ek julle saak ten volle ondersoek.
-
23
|Atos 24:23|
En hy het die hoofman oor honderd beveel om Paulus te bewaak, maar dat hy verligting moes hê, en dat hy niemand van sy eie mense moes verhinder om hom te bedien of te besoek nie.
-
24
|Atos 24:24|
En 'n paar dae daarna het Felix gekom saam met DrusÃlla, sy vrou, wat 'n Jodin was, en het Paulus laat haal en hom aangehoor oor die geloof in Christus.
-
25
|Atos 24:25|
Maar toe hy spreek oor geregtigheid en selfbeheersing en die toekomstige oordeel, het Felix baie bang geword en geantwoord: Gaan vir hierdie keer heen, en as ek 'n geleentheid vind, sal ek jou laat roep.
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 21-21