-
-
Afrikaans (1953) -
-
32
|Atos 26:32|
En AgrÃppa sê vir Festus: Hierdie man kon losgelaat gewees het as hy hom nie op die keiser beroep het nie.
-
1
|Atos 27:1|
En toe daar besluit is dat ons moes wegvaar na Italië, het hulle Paulus en sommige ander gevangenes oorgegee aan 'n hoofman oor honderd van die keiserlike leërafdeling, met die naam van Július.
-
2
|Atos 27:2|
En nadat ons in 'n skip van AdramÃttium gegaan het met die doel om by die aanlegplekke in Asië aan te gaan, het ons afgevaar, en Aristárchus van Macedónië, 'n man van ThessalonÃka, was saam met ons.
-
3
|Atos 27:3|
En die volgende dag het ons by Sidon aangekom. En Július het Paulus mensliewend behandel en hom toegelaat om vriende te besoek en versorging te ontvang.
-
4
|Atos 27:4|
En daarvandaan het ons afgevaar en onderkant Ciprus verbygeseil, omdat die winde teen ons was.
-
5
|Atos 27:5|
Ons het daarop die see langs CilÃcië en PamfÃlië deurgevaar en by Mira in Licië aangekom.
-
6
|Atos 27:6|
En daar het die hoofman oor honderd 'n skip van AlexandrÃë gevind wat na Italië vaar, en ons daarop laat oorklim.
-
7
|Atos 27:7|
En verskeie dae het ons langsaam gevaar en met moeite teenoor Cnidus gekom; en omdat die wind ons nie toegelaat het nie, onderkant Kreta langs gevaar, teenoor Salmóne.
-
8
|Atos 27:8|
En toe ons met moeite dit verbygeseil het, kom ons by 'n plek wat genoem word Mooi Hawens, in die nabyheid waarvan die stad Laséa is.
-
9
|Atos 27:9|
En omdat 'n geruime tyd verloop en die skeepvaart al gevaarlik geword het en die vastyd ook al verby was, het Paulus hulle gewaarsku
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 21-21