-
-
Afrikaans (1953) -
-
29
|João 18:29|
En Pilatus het na hulle uitgekom en gesê: Watter beskuldiging bring julle teen hierdie man in?
-
30
|João 18:30|
Hulle antwoord en sê vir hom: As Hy geen kwaaddoener was nie, sou ons Hom nie aan u oorgelewer het nie.
-
31
|João 18:31|
En Pilatus sê vir hulle: Neem julle Hom en oordeel Hom volgens julle wet. En die Jode sê vir hom: Dit is ons nie geoorloof om iemand dood te maak nie--
-
32
|João 18:32|
sodat die woord van Jesus vervul sou word wat Hy gesê het om aan te dui hoedanige dood Hy sou sterwe.
-
33
|João 18:33|
Pilatus gaan toe weer in die goewerneur se paleis en roep Jesus en sê vir Hom: Is U die Koning van die Jode?
-
34
|João 18:34|
Jesus antwoord hom: Sê u dit uit uself, of het ander u dit van My gesê?
-
35
|João 18:35|
Pilatus antwoord: Is ek dan 'n Jood? U volk en die owerpriesters het U aan my oorgelewer. Wat het U gedoen?
-
36
|João 18:36|
Jesus antwoord: My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie; as my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het, dat Ek nie aan die Jode oorgelewer word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie.
-
37
|João 18:37|
Pilatus sê toe vir Hom: Is U dan tog 'n koning? Jesus antwoord: U sê dat Ek 'n koning is. Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek in die wêreld gekom, om vir die waarheid te getuig. Elkeen wat uit die waarheid is, luister na my stem.
-
38
|João 18:38|
Pilatus sê vir Hom: Wat is waarheid? En toe hy dit gesê het, gaan hy weer uit na die Jode en sê vir hulle: Ek vind geen skuld in Hom nie.
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 22-22