-
-
Afrikaans (1953) -
-
29
|João 19:29|
En daar het 'n kan vol asyn gestaan; en hulle het 'n spons met asyn gevul en op 'n hisopstingel gesit en aan sy mond gebring.
-
30
|João 19:30|
En toe Jesus die asyn geneem het, sê Hy: Dit is volbring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee.
-
31
|João 19:31|
En dat die liggame nie op die sabbat aan die kruis sou bly nie, aangesien dit die voorbereiding was--want die dag van daardie sabbat was groot--het die Jode Pilatus gevra dat hulle bene gebreek en hulle weggeneem moes word.
-
32
|João 19:32|
Die soldate het toe gekom en die bene van die eerste een gebreek en van die ander een wat saam met Hom gekruisig was;
-
33
|João 19:33|
maar toe hulle by Jesus kom en sien dat Hy al dood was, het hulle sy bene nie gebreek nie.
-
34
|João 19:34|
Maar een van die soldate het met 'n spies in sy sy gesteek, en dadelik het daar bloed en water uitgekom.
-
35
|João 19:35|
En hy wat dit gesien het, het dit getuig, en sy getuienis is waaragtig; en hy weet dat hy die waarheid spreek, sodat julle kan glo.
-
36
|João 19:36|
Want hierdie dinge het gebeur, dat die Skrif vervul sou word: Geen been van Hom sal gebreek word nie.
-
37
|João 19:37|
En weer sê 'n ander Skrif: Hulle sal sien in wie hulle gesteek het.
-
38
|João 19:38|
En ná hierdie dinge het Josef van Arimathéa, wat 'n dissipel van Jesus was, maar in die geheim, uit vrees vir die Jode, vir Pilatus gevra of hy die liggaam van Jesus mag wegneem. En Pilatus het dit toegelaat. Hy het toe gegaan en die liggaam van Jesus weggeneem.
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 22-22