- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									18
									 
									 
									|1 Juan 4:18|
									Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|1 Juan 4:19|
									Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|1 Juan 4:20|
									As iemand sê: Ek het God lief--en sy broeder haat, is hy 'n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie?									
									    
								 
- 
									
									21
									 
									 
									|1 Juan 4:21|
									En hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê.									
									    
								 
- 
									
									1
									 
									 
									|1 Juan 5:1|
									Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore; en elkeen wat die Vader liefhet, het ook die een lief wat uit Hom gebore is.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|1 Juan 5:2|
									Hieraan weet ons dat ons die kinders van God liefhet: wanneer ons God liefhet en sy gebooie bewaar.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|1 Juan 5:3|
									Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie swaar nie.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|1 Juan 5:4|
									Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|1 Juan 5:5|
									Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|1 Juan 5:6|
									Dit is Hy wat deur water en bloed gekom het, Jesus die Christus; nie deur die water alleen nie, maar deur die water en die bloed; en dit is die Gees wat getuig, want die Gees is die waarheid.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18