-
-
Afrikaans (1953)
-
-
21
|1 Reyes 3:21|
Toe ek die môre opstaan om my seun te soog, was hy dood; maar in die môre het ek hom goed bekyk, en dit was nie my seun wat ek gebaar het nie!
-
22
|1 Reyes 3:22|
Maar die ander vrou sê: Nee, maar die lewendige is my seun, en die dooie is jou seun. Maar die eerste sê: Nee, maar die dooie is jou seun, en die lewendige is my seun. So het hulle dan voor die koning gestry.
-
23
|1 Reyes 3:23|
Toe dink die koning: Die een sê: Dit is my seun, die lewendige, en jou seun, die dooie. En die ander sê: Nee, maar die dooie is jou seun, en die lewendige my seun.
-
24
|1 Reyes 3:24|
Daarop gee die koning bevel: Bring vir my 'n swaard! En hulle het die swaard voor die koning gebring.
-
25
|1 Reyes 3:25|
En die koning sê: Sny die lewendige kind in twee stukke, en gee die helfte aan die een en die helfte aan die ander.
-
26
|1 Reyes 3:26|
Maar die vrou wie se kind die lewendige was, het met die koning gespreek, want haar binneste was ontroerd oor haar seun--sy het gesê: Ag, my heer, gee haar die lewendige kind en maak hom tog nie dood nie! --terwyl die ander een sê: Hy sal nie myne en ook nie joue wees nie; sny deur!
-
27
|1 Reyes 3:27|
Toe antwoord die koning en sê: Gee haar die lewendige kind en maak hom in geen geval dood nie: sy is die moeder.
-
28
|1 Reyes 3:28|
En die hele Israel het gehoor van die vonnis wat die koning uitgespreek het, en was bevrees vir die koning; want hulle het gesien dat daar goddelike wysheid in sy binneste was om reg te doen.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Pedro 1-5