-
-
Afrikaans (1953)
-
-
1
|1 Reyes 4:1|
So was koning Salomo dan koning oor die hele Israel.
-
2
|1 Reyes 4:2|
En dít was sy hoofamptenare: Asárja, die seun van Sadok, was die priester;
-
3
|1 Reyes 4:3|
Elihóref en Ahía, die seuns van Sisa, was skrywers; Jósafat, die seun van Ahílud, was kanselier.
-
4
|1 Reyes 4:4|
En Benája, die seun van Jójada, was oor die leër, en Sadok en Abjatar was priesters.
-
5
|1 Reyes 4:5|
En Asárja, die seun van Natan, was oor die bestuurders; en Sabud, die seun van Natan, 'n priester, was die vriend van die koning.
-
6
|1 Reyes 4:6|
En Ahísar was oor die paleis; en Adoníram, die seun van Abda, was oor die dwangarbeid.
-
7
|1 Reyes 4:7|
Verder het Salomo oor die hele Israel twaalf bestuurders gehad wat die koning en sy paleis onderhou het; elkeen het 'n maand in die jaar die onderhoud op hom gehad.
-
8
|1 Reyes 4:8|
En dit is hulle name: Ben-Hur op die gebergte van Efraim;
-
9
|1 Reyes 4:9|
Ben-Deker in Makas en in Saälbim en Bet-Semes en Elon-Bet-Hanan;
-
10
|1 Reyes 4:10|
Ben-Hesed in Arúbbot; hy het Sogo en die hele land Hefer gehad;
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Pedro 1-5