-
-
Afrikaans (1953)
-
-
26
|1 Reyes 9:26|
Koning Salomo het ook skepe gebou in Éseon-Geber wat by Elot aan die kus van die Skelfsee in die land Edom lê.
-
27
|1 Reyes 9:27|
Toe stuur Hiram sy dienaars op die skepe, seevaarders wat die see ken, saam met die dienaars van Salomo;
-
28
|1 Reyes 9:28|
en hulle het in Ofir aangekom en daarvandaan goud gaan haal, vier honderd en twintig talente, en dit na koning Salomo gebring.
-
1
|1 Reyes 10:1|
En toe die koningin van Skeba die gerug van Salomo hoor in verband met die Naam van die HERE, het sy gekom om hom met raaisels op die proef te stel.
-
2
|1 Reyes 10:2|
En sy het na Jerusalem gekom met 'n baie groot trek, met kamele wat speserye en 'n menigte goud en edelgesteentes dra; en toe sy by Salomo inkom, het sy met hom gespreek oor alles wat in haar hart was.
-
3
|1 Reyes 10:3|
En Salomo het haar al haar woorde verklaar; geen woord was vir die koning te diepsinnig om haar dit te verklaar nie.
-
4
|1 Reyes 10:4|
Toe die koningin van Skeba dan al die wysheid van Salomo sien en die huis wat hy gebou het,
-
5
|1 Reyes 10:5|
en die voedsel van sy tafel en hoe sy dienaars sit en sy bediendes staan, en hulle klere, en sy dranke en sy trap waarmee hy opklim in die huis van die HERE, was daar in haar geen gees meer nie.
-
6
|1 Reyes 10:6|
Daarop sê sy aan die koning: Die woord was waarheid wat ek in my land gehoor het oor u en oor u wysheid;
-
7
|1 Reyes 10:7|
en ek het die woorde nie geglo nie, totdat ek gekom en my oë gesien het; en kyk, die helfte is my nie meegedeel nie. U oortref in wysheid en in welvaart die gerug wat ek gehoor het.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 2 Pedro 1-3