-
-
Afrikaans (1953)
-
-
39
|1 Reyes 11:39|
Want Ek wil om hierdie rede die nageslag van Dawid verneder, maar nie vir altyd nie.
-
40
|1 Reyes 11:40|
En Salomo het geprobeer om Jeróbeam om te bring; maar Jeróbeam het hom klaargemaak en gevlug na Egipte, na Sisak, die koning van Egipte, en was in Egipte tot die dood van Salomo.
-
41
|1 Reyes 11:41|
En die verdere geskiedenis van Salomo en alles wat hy gedoen het, en sy wysheid, is dit nie beskrywe in die Geskiedenisboek van Salomo nie?
-
42
|1 Reyes 11:42|
En die dae wat Salomo in Jerusalem oor die hele Israel geregeer het, was veertig jaar.
-
43
|1 Reyes 11:43|
Daarna het Salomo met sy vaders ontslaap en is begrawe in die stad van sy vader Dawid; en sy seun Rehábeam het in sy plek koning geword.
-
1
|1 Reyes 12:1|
En Rehábeam het na Sigem gegaan, want die hele Israel het na Sigem gekom om hom koning te maak.
-
2
|1 Reyes 12:2|
En net toe Jeróbeam, die seun van Nebat, dit hoor--hy was nog in Egipte, waarheen hy vir koning Salomo weggevlug het, en Jeróbeam was in Egipte woonagtig,
-
3
|1 Reyes 12:3|
en hulle het hom laat roep--kom Jeróbeam en die hele vergadering van Israel, en hulle het Rehábeam toegespreek en gesê:
-
4
|1 Reyes 12:4|
U vader het ons juk hard gemaak, maak u dan nou die harde diens van u vader en sy swaar juk wat hy ons opgelê het, ligter; dan sal ons u dien.
-
5
|1 Reyes 12:5|
En hy sê vir hulle: Gaan weg tot oor drie dae, kom dan terug na my toe. En die volk het gegaan.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 2 Pedro 1-3