-
-
Afrikaans (1953)
-
-
23
|1 Reyes 13:23|
Nadat hy dan geëet en gedrink het, saal hy vir hom die esel op--vir die profeet wat hy laat omdraai het--
-
24
|1 Reyes 13:24|
en hy gaan weg; toe kom 'n leeu hom teë op die pad en maak hom dood. En sy lyk het neergewerp op die pad bly lê, terwyl die esel daarlangs staan en die leeu ook langs die lyk bly staan.
-
25
|1 Reyes 13:25|
Intussen kom daar manne verby wat die lyk op die pad sien lê, terwyl die leeu langs die lyk staan; en hulle het dit kom sê in die stad waar die ou profeet woon.
-
26
|1 Reyes 13:26|
Toe die profeet wat hom van die pad af laat omdraai het, dit hoor, sê hy: Dit is die man van God wat teen die mond van die HERE wederstrewig was; daarom het die HERE hom aan die leeu oorgegee wat hom verskeur en hom gedood het volgens die woord van die HERE wat Hy met hom gespreek het.
-
27
|1 Reyes 13:27|
Daarop praat hy met sy seuns en sê: Saal vir my die esel op. En hulle het opgesaal.
-
28
|1 Reyes 13:28|
Toe gaan hy weg en vind sy lyk neergewerp op die pad, terwyl die esel en die leeu langs die lyk staan; die leeu het die lyk nie geëet en die esel nie verskeur nie.
-
29
|1 Reyes 13:29|
Daarna het die profeet die lyk van die man van God opgetel en dit op die esel gesit en dit teruggebring en in die stad van die ou profeet gekom om te rouklaag en hom te begrawe.
-
30
|1 Reyes 13:30|
En hy het sy lyk in sy graf neergelê, en hulle het oor hom gerouklaag: Ag, my broer!
-
31
|1 Reyes 13:31|
En nadat hy hom begrawe het, sê hy aan sy seuns: As ek sterwe, dan moet julle my begrawe in die graf waar die man van God in begrawe is; lê my bene langs sy bene neer.
-
32
|1 Reyes 13:32|
Want die woord sal sekerlik uitkom wat hy deur die woord van die HERE uitgeroep het teen die altaar wat in Bet-el is, en teen al die tempels van die hoogtes wat in die stede van Samaría is.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 2 Pedro 1-3