-
-
Afrikaans (1953)
-
-
29
|1 Reyes 14:29|
En die verdere geskiedenis van Rehábeam en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?
-
30
|1 Reyes 14:30|
En daar was gedurigdeur oorlog tussen Rehábeam en Jeróbeam.
-
31
|1 Reyes 14:31|
En Rehábeam het ontslaap met sy vaders en is begrawe by sy vaders in die stad van Dawid; en die naam van sy moeder was Naäma, die Ammonitiese; en sy seun Abía het in sy plek koning geword.
-
1
|1 Reyes 15:1|
En in die agttiende jaar van koning Jeróbeam, die seun van Nebat, het Abía oor Juda koning geword.
-
2
|1 Reyes 15:2|
Hy het drie jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Máäga, die dogter van Abísalom.
-
3
|1 Reyes 15:3|
En hy het gewandel in al die sondes van sy vader wat hy voor hom gedoen het; en sy hart was nie volkome met die HERE sy God soos die hart van sy vader Dawid nie.
-
4
|1 Reyes 15:4|
Maar ter wille van Dawid het die HERE sy God vir hom 'n lamp in Jerusalem gegee deur sy seun ná hom te verwek en Jerusalem in stand te hou,
-
5
|1 Reyes 15:5|
omdat Dawid gedoen het wat reg was in die oë van die HERE, sonder om af te wyk van alles wat Hy hom beveel het, al die dae van sy lewe, behalwe in die saak van Uría, die Hetiet.
-
6
|1 Reyes 15:6|
En daar was oorlog tussen Rehábeam en Jeróbeam, al die dae van sy lewe.
-
7
|1 Reyes 15:7|
En die verdere geskiedenis van Abía en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie? Daar was ook oorlog tussen Abía en Jeróbeam.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Pedro 1-5