-
-
Afrikaans (1953)
-
-
17
|1 Reyes 22:17|
Daarop antwoord hy: Ek het die hele Israel gesien, verstrooid op die berge soos skape wat geen wagter het nie. En die HERE het gesê: Hulle het geen heer nie; laat hulle elkeen in vrede teruggaan na sy huis.
-
18
|1 Reyes 22:18|
Toe sê die koning van Israel vir Jósafat: Het ek u nie gesê nie--hy profeteer oor my niks goeds nie, maar onheil?
-
19
|1 Reyes 22:19|
Verder sê hy: Daarom, hoor die woord van die HERE: Ek het die HERE sien sit op sy troon terwyl al die hemelse leërskare by Hom staan, aan sy regter-- en aan sy linkerhand.
-
20
|1 Reyes 22:20|
En die HERE het gesê: Wie sal Agab oorhaal, dat hy kan optrek en val by Ramot in Gílead? En die een het so gesê, en die ander weer so.
-
21
|1 Reyes 22:21|
Toe kom die gees vorentoe en gaan voor die aangesig van die HERE staan en sê: Ek sal hom oorhaal. En die HERE vra hom: Waarmee?
-
22
|1 Reyes 22:22|
En hy sê: Ek sal uitgaan en 'n leuengees word in die mond van al sy profete. En Hy sê: Jy sal oorhaal, ja, jy sal ook oorwin; gaan uit en doen so.
-
23
|1 Reyes 22:23|
En nou, kyk, die HERE het 'n leuengees in die mond van al hierdie profete van u gegee, en die HERE het onheil oor u gespreek.
-
24
|1 Reyes 22:24|
Daarop kom Sedekía, die seun van Kenaäna, nader en hy slaan Miga op die kakebeen en sê: Hoe dan het die Gees van die HERE van my af weggegaan om met jou te spreek?
-
25
|1 Reyes 22:25|
En Miga antwoord: Kyk, jy sal dit sien op dieselfde dag as jy van kamer tot kamer sal gaan om jou weg te steek.
-
26
|1 Reyes 22:26|
Maar die koning van Israel sê: Neem Miga en bring hom terug by Amon, die owerste van die stad, en by Joas, die seun van die koning.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Pedro 1-5