- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|1 Timoteo 1:1|
									Paulus, 'n apostel van Jesus Christus, volgens die bevel van God, ons Verlosser, en van die Here Jesus Christus, ons Hoop,									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|1 Timoteo 1:2|
									aan Timótheüs, my ware kind in die geloof: Genade, barmhartigheid, vrede van God onse Vader en Christus Jesus, onse Here!									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|1 Timoteo 1:3|
									Soos ek jou versoek het toe ek na Macedónië op reis was, moet jy in Éfese wag om sekere persone te beveel dat hulle geen ander leer moet leer nie,									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|1 Timoteo 1:4|
									en hulle nie besig hou met fabels en eindelose geslagsregisters nie, wat net twisvrae bevorder meer as stigting van God wat in die geloof is.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|1 Timoteo 1:5|
									Maar die doel van die gebod is liefde uit 'n rein hart en 'n goeie gewete en 'n ongeveinsde geloof									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|1 Timoteo 1:6|
									waarvan sommige mense afgedwaal en hulle afgewend het na onsinnige praatjies;									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|1 Timoteo 1:7|
									hulle wil leraars van die wet wees, alhoewel hulle wat hulle sê, of die dinge wat hulle beslis beweer, nie verstaan nie.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|1 Timoteo 1:8|
									Maar ons weet dat die wet goed is as iemand dit wettiglik gebruik									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|1 Timoteo 1:9|
									en as hy weet dat die wet nie gegee is vir die regverdige nie, maar vir die wettelose en tugtelose mense, goddelose en sondaars, onheiliges en ongewydes, vadermoorders en moedermoorders, moordenaars,									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|1 Timoteo 1:10|
									hoereerders, sodomiete, mensediewe, leuenaars, meinediges en wat daar anders met die gesonde leer in stryd is,									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18