- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|1 Timoteo 2:1|
									In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense;									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|1 Timoteo 2:2|
									vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons 'n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|1 Timoteo 2:3|
									Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser,									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|1 Timoteo 2:4|
									wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|1 Timoteo 2:5|
									Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus,									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|1 Timoteo 2:6|
									wat Homself gegee het as 'n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd,									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|1 Timoteo 2:7|
									waartoe ek aangestel is as 'n prediker en apostel--ek sê die waarheid in Christus, ek lieg nie--'n leraar van die heidene in geloof en waarheid.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|1 Timoteo 2:8|
									Ek wil dan hê dat die manne op elke plek moet bid en heilige hande ophef sonder toorn en twis.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|1 Timoteo 2:9|
									So ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding, gepaard met beskeidenheid en ingetoënheid, nie met vlegsels of goud of pêrels of kosbare klere nie,									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|1 Timoteo 2:10|
									maar, soos dit vroue betaam wat die godsvrug bely, met goeie werke.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18