- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									14
									 
									 
									|1 Timoteo 5:14|
									Ek wil dan hê dat die jong weduwees moet trou, kinders baar, hulle huise regeer en die teëparty geen aanleiding gee om kwaad te spreek nie.									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|1 Timoteo 5:15|
									Want sommige het al afgewyk agter die Satan aan.									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|1 Timoteo 5:16|
									As 'n gelowige man of 'n gelowige vrou weduwees by hulle het, moet dié aan hulle hulp verleen; en laat die gemeente nie beswaar word nie, sodat dit die wat waarlik weduwees is, kan help.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|1 Timoteo 5:17|
									Laat die ouderlinge wat goed regeer, dubbele eer waardig geag word, veral die wat arbei in woord en leer.									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|1 Timoteo 5:18|
									Want die Skrif sê: Jy mag 'n os wat graan dors, nie muilband nie; en: Die arbeider is sy loon werd.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|1 Timoteo 5:19|
									Moenie 'n beskuldiging teen 'n ouderling aanneem nie, behalwe op die getuienis van twee of drie.									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|1 Timoteo 5:20|
									Bestraf die wat sondig, in die teenwoordigheid van almal, sodat ook die ander kan vrees.									
									    
								 
- 
									
									21
									 
									 
									|1 Timoteo 5:21|
									Ek besweer jou voor God en die Here Jesus Christus en die uitverkore engele dat jy hierdie dinge sonder vooroordeel in ag neem en niks uit partydigheid doen nie.									
									    
								 
- 
									
									22
									 
									 
									|1 Timoteo 5:22|
									Moenie haastig iemand die hande oplê nie, en moet ook nie met die sondes van ander gemeenskap hê nie. Hou jou rein.									
									    
								 
- 
									
									23
									 
									 
									|1 Timoteo 5:23|
									Moenie langer water alleen drink nie, maar gebruik 'n bietjie wyn ter wille van jou maag en jou herhaalde ongesteldhede.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18